

Trail Run and Mountain Bike Race
17 May 2025
Our Charity 2025
ELJADA KAIROS – OUDTSHOORN

Ons Storie
Die Eljada Kairos Skool is ‘n skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Die skool bied onderrig aan leerders wat primêr verstandelik gestremd is, asook sekondêre gestremdhede het soos fisiese gestremdheid, serebrale verlamming, Spina Bifida Sindroom, ADHD, spraakprobleme, ens. Die skool het ook ‘n eenheid vir leerders op die Outistiese Spektrum.
​
Visie van die skool: Die natuurlike integrasie van die gestremde leerder in die gemeenskap.
​
Die skool bied onderrig aan 275 leerders binne die Klein Karoo streek, waarvan 65 leerders in die koshuis woon. Ons volg ‘n aangepaste kurrikulum wat uit akademiese vakke (Lewensvaardigheid, Taal en Wiskunde) sowel as vaardigheidsvakke (Herwinning, Kuns, Houtwerk, Tuinbou, Instandhouding en Gasvryheid) bestaan.
​
Meeste van die leerders in ons skool kom uit lae sosio-ekonomies huishoudings. Ons streef daarna om daagliks vir elke leerder die genoegsame voeding, versorging en onderrig te bied wat hulle na regte moet ontvang. Om dìt aan die leerders te verskaf benodig die skool die nodige bronne en onderrighulpmiddels.
​
Die skool is baie afhanklik van fondsinsamelingsprojekte en donasies ten einde die beste onderrig aan die leerders te bied, vervoer aan leerders te verskaf, leerders aan provinsiale sportbyeenkomste te laat deelneem en koshuis inwoning te bied.
Baie dankie,
Elsabé du Plooy
+27 84 669 8338
​
Our Story
The Eljada Kairos School is a school for learners with special educational needs in Oudtshoorn. The school provides education for learners who are primarily mentally handicapped as well as those who have secondary disabilities such as physical disability, cerebral palsy, Spina Bifida Syndrome, ADHD, speech difficulties, etc. The school also has a unit for learners on the Autistic Spectrum.
​
Vision of the School:The natural inclusion of our learners in the community.
​
The school offers education to 275 learners within the Klein Karoo region, of which 65 learners live in the hostel. We follow an adapted curriculum which includes academic subjects (Life Skills, Language and Mathematics) as well as vocational subjects (Recycling, Arts, Woodwork, Gardening, Maintenance and Hospitality).
Most of the learners in our school come from low socio-economical environments. We at Eljada-Kairos School strive to provide each learner with the needed daily meals, care and education that they are entitled to receive. To provide our learners with all of the above our school needs resources and teaching aids.
The school depends heavily on fundraising projects and donations to provide the best education to the learners, provide transport for the learners, allow the learners to participate in provincial sporting events, and provide a hostel.
Many thanks,
Elsabé du Plooy
+27 84 669 8338


